‘Woza Albert!’ is terug

16 Jan 2012 in Uncategorised
Related Shows: Woza Albert

Review - ‘Woza Albert!’ is terug

Tot 5 Februarie in Markteater Thys Odendaal Die drietal Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon se nou reeds klassieke Woza Albert! keer einde vandeesweek terug na die Mark-teater in Newtown, Johannesburg - en heel gepas vir ‘n speelvak in die Barney Simon-teater. Die stuk het indertyd meestal onder spelleiding van Simon intemasionaal groot opslae gemaak. Dit word van Vrydag opgevoer onder spelleiding van Prince Lamia, die jong regisseur wie se produksie van Coal Yard as wenner aangevvys is op die Zwakala-kunstefees en wat daama ook ‘n hoogs suksesvolle speelvak in die Mark-teater gehad het. Die akteurs wat hulle aan die nogal strawwe toets onderwerp om elk heelparty uiteenlopende rolle te vertolk, is Mncedisi Shabangu en Hamilton Dlamini. Die ontwerpers vir die nuwe produksie is Wesley France, Nduka Mntambo en Thando Lobese. In Woza Albert! word die vraag gestel wat sou gebeur as Jesus Christus (Morena) SuidAfrika tydens die apartheidsjare besoek. Dit is ‘n satiriese kykie na die absurditeite van apartheid en dit skep ‘n geleentheid vir twee veelsydige akteurs, wat ‘n taamlike lang lys van straatkarakters moet vertolk. Dit sluit onder meer in sang, dans, mimiek en toneelspel; hulle moet beelde skep met karige omskrywings. Nadat Woza Albert! sy premiere net-net langer as drie dekades gelede in die Mark-teater beleef het, is dit ook in Europa en die VSA opgevoer. Die buiteland het die eerste keer kennis gemaak met fisieke teater van Afrika en die stuk het opslae gemaak. Dit is ook bekroon met meer as 20 internasionale toneelpryse. Dit was in 1983 die eerste keer op die planke in Londen; met Patrick Ssenjovu en Lucky Ngema. In 2002 is dit weer in die stad opgevoer, die keer met Siyabonga Twala en Errol Ndotho in die hoofrolle. Toe ‘n span van die BBC se TV-diens in 1981 in Suid-Afrika was vir die algemene verkiesing, het hy onder leiding van David Thompson ‘n gelyknamige rolprent van die stuk in Johannesburg gemaak. Voorskoue begin Vrydag en die speelvak begin amptelik volgende Dinsdag en duur tot 5 Februarie. Kaartjies vir die opvoerings van Dinsdae tot Saterdae om 20:15 en Sondae om 15:15 kan by die teater gekoop word of by Computicket. Navrae: a 011 832 1641. Barney Simon, mede-skrywer van Woza Albert!, wat van die naweek pasilk in die Mark se Barney Simon-teater op die pianke is.

Have something to say?

Chat with us on and

Market Theatre Renting Options
Looking to rent? view options
Market Theatre Dining Options
Feeling hungry? view menu's
Market Theatre Nearby Accommodation
Need a place to stay? view options